Archive | October, 2012

Dagboek

 

 

Ek wil graag hierdie oulike handwerkers-dagbeplanner met julle deel. Baie oulike idees in en somer ‘n dagboek ook.

 

 

ScrapWenke vir die dag

1.      Merk die houers van jou verouderingsink aan die kant sodat jy kan sien wat dit is wanneer dit  op  mekaar gestapel is.

2.  Gebruik wondergom op ‘n potloodpunt om klein tooisels en siersteentjies op te tel en te plaas.

3. Gebruik jou kind se vetkryt om siersteentjies op te tel en te plaas.

4. Gebruik sout- en peperpotjies om bosseleerpoeier en glinsterstof aan te wend.

5. As jy op velyn druk, stel jou drukker op ‘draft’ sodat die ink vinniger kan droog word.

Koffie en Tee

1 Koffie en tee kan gebruik word om warm natuurlike kleure te gee aan karton sowel as materiaal en lint. As jy nie die regte kleur lint kan kry nie, kleur sommer’n stukkie in die laaste bietjie tee onder in die teepot.

2. Week ‘n nuwe stukkie kant in koffie of tee vir n outydse gevoel.

Skuurpapier

1. Skuurpapier kan gebruik word om die kante van foto’s liggies te skuur en van die kleur te verwyder.

2. Skuurpapier kan effektief gebruik word vir tekstuur vir veral vakansie-fotobladsye, omdat dit seesand effektief voorstel.

 

Jippieeeeee!!

My nuwe webwerf is in bedryf !!

Kan nie wag om dit ten volle in gebruik te neem nie.

Laat weet my asseblief wat julle dink. Enige kommentaar of voorstelle sal welkom wees.