Hier waar ons op die drumpel van die nuwe jaar staan is dit vir my nodig om aan almal wat gereeld na my blog en facebook gaan kyk, te bedank. Julle “likes” en kommentaar is wat my dryf om nuwe projekte en idees uit te dink.
En nou vir die nuus oor al die nuwe dinge wat by Scrapbook Diva’s gaan gebeur.
. Tim Holtz maak weer elke maand ‘n nuwe tag – ONS OOK – met voordeelde van ander idees daarby.
. Ons gaan elke maand (vanaf Februarie) ‘n NUWE PRODUK bekendstel. Voorraad en idees sal in die winkel beskikbaar wees.
. Ons gaan elke maand “N KLAS aanbied (jy kan dit enige tyd kom doen, bespreek net vooraf) vir jou huis. Ons begin in Febuarie met die kombuis.
Hou my uitverkopings dop en onthou dis JOU scrap winkel, PRAAT met my as jy enige voorstelle het oor hoe ek die winkel nog beter kan maak!